On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Mon, 12 Apr 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies

Amerikaanse mieliepryse het Vrydagoggend matige stygings getoets, maar uiteindelik ná 'n tegniese verkoop in die rooi gesluit. 

Pryse bly egter baie naby aan meerjarige hoogtepunte. USDA het ook sy produksieskattings Vrydagoggend bygewerk. Mielieproduksie sal na verwagting 360 miljoen ton bereik. 

Plaaslik: Die plaaslike mieliemark het Vrydag hoofsaaklik opwaarts verhandel en sterker geëindig oor van die kontrakte wat vir wit- en geelmielies gelys is. 

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R74/ton sterker verhandel vir die dag om teen R3 144/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R74/ton hoër verhandel om teen R3 270/ton te sluit.


Sojabone 

Amerikaanse sojaboonpryse het deur 'n woelige sessie geveg en uiteindelik dubbelsyfers in die rooi gesluit ná 'n ronde tegniese verkope Vrydag, hoofsaaklik as gevolg van 'n toename in die wêreldvoorraad. Ondanks die daaglikse wisselvalligheid, het pryse in 'n taamlike noue kanaal gebly. 

USDA het die Amerikaanse sojaboonvoorrade grotendeels onveranderd gelaat op 3,265 miljoen ton in die verslag van Vrydag, hoewel sommige balansstaat-aanpassings gemaak is om die wysigings tot 1 Desember 2020 van sojaboonvoorrade en ekstra Chinese uitvoervraag tydens Brasilië se vertraagde versending te weerspieël. 

Die agentskap het ook 272 000 ton afgesny van die raming van 2020/21. 

Plaaslik: Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag ondersteuning verkry en sterker gesluit oor alle kontrakte wat tans gelys is. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R92/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 210/ton te sluit.


Koring: 

Amerikaanse koringpryse het Vrydag weer hoër gestyg nadat USDA kleiner wêreldvoorraad in die WASDE-verslag gerapporteer het, wat weer 'n ronde tegniese aankope veroorsaak het. 

Lente-koringpryse het weer die botoon gevoer en 'n rooiwarm week afgesluit, met naby-geleë kontrakte wat sedert Maandag se ope met 9,7% gestyg het. 

USDA se jongste aanbod- en vraaggegewens vir koring sluit 'n produksieskatting van 2021 van 49 miljoen ton in. Eindvoorrade vir 2020/21 het 326 000 ton hoër gekantel, tot 23,187 miljoen ton. 

Plaaslik: Die plaaslike koringmark het Vrydag ondersteuning verkry en het oor meeste kontrakte wat gelys is sterker geëindig. 

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2021 R5/ton hoër verhandel en gesluit teen R4 905/ton.


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.