On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Styging in brandstofpryse slegte nuus vir voedselpryse

───   ELSABÉ RICHARD 14:07 Tue, 13 Apr 2021

Landbounuus-podcast: Styging in brandstofpryse slegte nuus vir voedselpryse | News Article

Die onlangse styging in brandstofpryse kan daartoe lei dat voedselpryse ook styg en die pryse van finale produkte en dienste is ook in gedrang.

Dit is volgens dr. Frikkie Mare, landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat.  Volgens hom raak die vervoer van graangewasse en ander oeste problematies vir landbouers. Die versterking in die Rand kan egter oor die volgende maand, volgens Mare, effens verligting bring.

Boere wat in Mpumalanga op staatsplase boer en uitsettingsbriewe gekry het, kan dié briewe van die departement van landbou, grondherhervorming en landelike ontwikkeling ignoreer. Dít volg nadat minister Thoko Didiza, wat met die boere in Ermelo vergader het, beveel het dat alle uitsettingsbriewe wat op die boere bedien is, teruggetrek moet word. Die departement se woordvoerder, Reggie Ngcobo, het aan Landbouweekblad bevestig dat die terugtrek van die briewe nie net vir ’n sekere distrik geld nie, maar vir die hele provinsie. ’n Span van die departement se eiendomsbestuurseenheid sal vir twee weke in die provinsie wees om met boere te vergader wie se huurkontrakte nie afgehandel is nie. Die provinsie se LUR vir Landbou, Vusumuzi Shongwe, sal dan ’n week ná die eenheid se aksie met boere-organisasies vergader om nasorgondersteuning en ondersteuning vir landbou-ontwikkeling te bespreek.

EN

Die wenner van Vrystaat Landbou se Jongboer van die Jaar-kompetisie word Dinsdagaand 13 April tydens 'n spogdinee, in lyn met Covid-19 regulasies, bekend gestel. Vyf ambisieuse, talentvolle en hardwerkende jong Vrystaatse boere ding vanjaar mee om die titel te verower. Vanjaar se finaliste is Annalea van Niekerk - wat die enigste vroulike finalis is, Doug Osler, Jimmy Roberts, Louis Albrecht De Jager en Nant Yzel. Francios Wilken, president van Vrystaat Landbou, deel dat die afdelings waarop kandidate beoordeel word, onder meer gemeenskapsbetrokkenheid, begroting en finansies, sowel as produksie insluit.





OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.