On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Openbare verhore oor wysigingswetsontwerp in NW

───   ELSABÉ RICHARD 13:49 Wed, 21 Apr 2021

Landbounuus-podcast: Openbare verhore oor wysigingswetsontwerp in NW | News Article

Die openbare verhore vir wetgewing, wat sal verduidelik hoe onteiening sal werk en onder watter omstandighede dit gedoen kan word, vind van 22 tot 25 April in Noordwes plaas.

Landbou.com het vroeër berig die wysigingswetsontwerp op onteiening sal die huidige Wet op Onteiening vervang. Die wysigingswetsontwerp dui die omstandighede aan waar ’n hof mag bepaal dat nul vergoeding betaal mag word wanneer grond vir openbare doeleiendes onteien word. Verhore in die Vrystaat sal van 13 tot 16 Mei plaasvind, terwyl verhore vanaf 10 tot 13 Junie in die Noord-Kaap sal plaasvind. Intussen moedig AfriForum se Ernst van Zyl die publiek aan om die verhore in die onderskeie provinsies by te woon.

Die Noordwes Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling sal na verwagting 15 000 varke, wat op 'n plaas naby Potchefstroom in Noordwes met Afrika-varkpes besmet is, van kant maak. Volgens dr. Peter Evans, hoof van verbruikersversekering by die Suid-Afrikaanse varkvleisprodusente-organisasie, volg dit nadat 'n dringende aansoek by die Hooggeregshof in Noordwes ingedien is om die besmette diere van kant te maak en die karkasse te verwyder. OFM-nuus het vroeër berig volgens die staatsveearts, dr. Andries Nel, het dié uitbraak vroeg verlede maand op 'n plaas buite Potchefstroom ontstaan. Nel het varkboere gemaan om goeie biosekuriteitsmaatreëls toe te pas om te voorkom dat Afrika-varkpes op hulle plase uitbreek. Van hierdie maatreëls sluit in om nie varke van onbekende bronne of varke met 'n onbekende siektestatus te koop nie. Nel het ook bygevoeg dat boere hulle diere eerder moet huisves en nie vrylik moet laat rondloop nie. Daarmee saam versoek hy boere om hul naaste veearts te kontak sodra hulle enige simptome van die siekte opmerk.

EN

As deel van die Noordwes Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling se pogings om armoede onder landelike gemeenskappe uit te wis, sal LUR Desbo Mohono Donderdag en Vrydag 22-23 April meer as 130 voedselsekerheidsprojekte in Segwaelane, Khalamtwana en Sonop in die Bojanala-streek van stapel stuur. Geïdentifiseerde huishoudings sal ook onder meer inheemse hoenders, braaikuikens, voer, groentesaailinge, vrugtebome en tuingereedskap van die departement ontvang. Die departement sê in 'n verklaring hierdie projekte se doel is om huishoudings te help om genoeg voedsel te kan produseer om aan die basiese behoeftes vir huishoudelike voedselveiligheid te voldoen. Inkomste kan ook uit hierdie projekte verdien word deur die verkoop van surplusprodukte.




OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.