On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Aktiewe brandseisoen voorspel

───   ELSABÉ RICHARD 12:26 Mon, 26 Apr 2021

Landbounuus-podcast: Aktiewe brandseisoen voorspel | News Article
Photo: OFM News

Johan Breytenbach van die Vrystaatse Sambreel-brandbeskermingsvereniging, sê groot hoeveelhede plantmateriaal ná die reën kan lei tot veldbrande.

Hy sê die vooruitsigte is dat dit ‘n relatiewe aktiewe brandseisoen gaan wees, en maan boere om nou al voorsorgmaatreëls te tref. Breytenbach sê grondeienaars moet verseker dat hulle stelsels in plek het om te verhoed dat veldbrande versprei indien 'n brand op hulle eiendom sou ontstaan.

Agri SA het 'n beroep op die adjunkpresident gedoen om met politieke, tradisionele en gemeenskapsleiers in die Piet Retief-omgewing in Mpumalanga in gesprek te tree om emosies te kalmeer. Dit volg nadat twee broers, Zenzele en Amos Coka, aan skietwonde beswyk het en boere en werkers ernstige beserings opgedoen het tydens 'n onderonsie wat op 'n plaas in die omgewing uitgebreek het. Agri SA se standpunt is dat geweld in enige vorm geen probleem sal oplos nie. Die organisasie en die familie van die oorledenes het 'n beroep op die publiek gedoen om nie hofverrigtinge vandag by te woon nie. Die borgtogaansoek van die vyf mans wat aangekla word van die moord op die twee broers word in die plaaslike landdroshof voortgesit. Verder het die organisasie sy innige meegevoel met die families van die oorledenes betuig, en diegene wat ernstige beserings opgedoen het 'n vinnig herstel toegewens.  

EN

Intussen het die polisie in Mpumalanga ? grootskaalse soektog van stapel gestuur ná die moord op ? ma en seun op ? plaas buite Nelspruit. Maroela Media berig polisiewoordvoerder, Donald Mdhluli, sê nooddienste is glo Saterdag omstreeks 18:30 na die plaas ontbied, waarna daar op die liggame van die ma en seun afgekom is. Mdhluli sê verder ? voorlopige ondersoek het aan die lig gebring dat daar verskeie items uit die huis gesteel is, en die polisie ondersoek sake van moord en roof.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.