On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Nuwe belangegroep vir jagters

───   ELSABÉ RICHARD 14:32 Fri, 30 Apr 2021

Landbounuus-podcast: Nuwe belangegroep vir jagters | News Article

Die SA Jagtersvereniging het ‘n nuwe belangegroep op die been gebring.

Die belangegroep is vir natuurlewe bestuursdienste geskep nadat die behoefte by grondeienaars geïdentifiseer is. Wild-, vee- en saaiboere wat wild op hulle grond het, kan deel word van hierdie belangegroep vir natuurlewe bestuursdienste. OFM-nuus se Pieter Moller berig bestuursdienste wat beoog word, sluit in grondbodembeskerming, bewaring en verantwoordelike jag.

Suid-Afrika se meesterplan vir dagga behoort teen Junie gefinaliseer te wees. Luidens 'n artikel deur landbou.com het die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling aangedui dat die inwerkingstelling van hierdie meesterplan waarskynlik in Julie sal begin. Nuwe wetgewing sal egter opgestel moet word om die kommersialisering van hennep te bewerkstellig. Die departement het onderneem om
die werk wat reeds deur belanghebbende departemente gedoen is, saam te voeg en só nuwe wetgewing gereed te kry, terwyl toegelaat word dat die ander bedrywighede in die daggabedryf kan voortgaan. Die produsente van hennep kry hul permitte van die reguleringsowerheid vir Suid-Afrikaanse gesondheidsprodukte (Sahpra). Wanneer die departement in die toekoms hierdie taak oorneem, sal die betrokke produsente se permitte oorgedra word sodat hulle nie benadeel word nie.

EN

Boere langs die Lesotho-grens word gewaarsku dat nat, koue en winderige toestande oor die naweek verwag word. Sneeu word in Lesotho en langs die Vrystaatse grens verwag, tesame met reën- en donderbuie in die res van die provinsie. Die weervoorspeller van die Suid-Afrikaanse Weerdiens in Bloemfontein, Quinton Jones, sê die verwagting is dat reën en koue toestande die naweek oor meeste dele van die Vrystaat sal voorkom.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.