On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agri Hour

Groter aanbiedinge kan moontlik ‘n negatiewe invloed op SA wolmark hê

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 07 May 2021

Groter aanbiedinge kan moontlik ‘n negatiewe invloed op SA wolmark hê | News Article

Die Suid-Afrikaanse wolmark mag dalk op die kort termyn negatief geraak word deur groter aanbiedinge van sowel Australië as Suid-Afrika, tesame met die verskepingsprobleme wat Australië ondervind.

Sien onderstaande PODCAST

Heinrich Victor, bestuurder van spesiale dienste by OVK, sê die volume wol wat vandeesweek in die makelaars se pakhuise ontvang is, is 4,6% laer in vergelyking met die ooreenstemmende tydperk in die vorige seisoen. Luidens Victor het volhoubaar gesertifiseerde (RWS) goeie kwaliteit merinowol weer eens goeie aandag geniet op die veiling en tot gesonde kompetisie tussen kopers gelei.

Hy voeg by dat sertifisering ‘n belangrike aspek is en 'n toekomsneiging is wat gekom het om te bly. Skakel gerus met OVK om u by te staan in die sertifiseringsproses. Victor deel dat produsente kennis moet neem dat die laaste wol-inweegdatum van die seisoen op 12 Mei is - dit vir katalogus CA34 is.

Die volgende wolveiling is geskeduleer vir 19 Mei 2021, waar sowat 13 028 bale aangebied sal word.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.