On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Tue, 18 May 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die internasionale mark verhandel steeds sterk en hou die verwikkelinge in die Brasiliaanse mark dop.

Die aanplantings en die omstandighede lyk tans beter in die VSA. Die volgende paar maande in die VSA sal egter steeds 'n kritieke tyd wees vir die mielieproduksie.

Die plaaslike mieliemark het gister onder druk gekom en het laer verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R100/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 270/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R100/ton laer verhandel om teen R3 439/ton te sluit.

 

Sojabone:

Die internasionale sojaboonmark verhandel steeds sterker met die lae wêreldvoorraad wat hierdie seisoen heers.

Amerika, wat 'n groot uitvoerder van sojabone is, voer nou sojabone vanaf die VSA in om hul binnelandse tekorte aan te vul.

Die plaaslike sojaboonmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2021, R87/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 535/ton te sluit.


Koring:

Die verwagting is dat die Oekraïne hierdie seisoen 'n rekord hoeveelheid koring - meer as 27 miljoen ton - sal produseer.

Die groot verwagte produksie in die Oekraïne, tesame met beter weerstoestande in die VSA, plaas druk op die Amerikaanse koringpryse.

Die plaaslike koringmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2021, R30/ton laer verhandel om teen R5 200/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.