On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agri Hour

Landelike veiligheid ‘n groot prioriteit vir Agri NW

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Wed, 26 May 2021

Landelike veiligheid ‘n groot prioriteit vir Agri NW | News Article

Landelike veiligheid bly een van die uitdagings wat boere in Noordwes in die gesig staar.

Dit is volgens Agri Noordwes se president, Willem de Chavonnes Vrugt, wat byvoeg dat onwettige grondbesittings in die provinsie ook ‘n uitdaging is. 

Sien onderstaande PODCAST

De Chavonnes Vrugt sê die organisasie het ‘n virtuele beheerkamer sowat ‘n jaar en ‘n half gelede gestig. Dit is om plaaslike veiligheidstrukture te help wanneer daar ‘n krisis of nood, soos ‘n plaasaanval, ontstaan. Hierdie virtuele beheerkamer stel die organisasie in staat om strukture te help om met die regte persone in kontak te kom wat hulp sal kan verskaf.

Hy deel verder dat Agri NW ook betrokke is by plaaslike munisipaliteite. “Die dienslewering by plaaslike munisipaliteite is vir ons ‘n groot uitdaging en die onvermoë van die munisipaliteite om die infrastruktuur in stand te hou is ‘n bekommernis,” verduidelik De Chavonnes Vrugt.

Die organisasie is ook betrokke waar daar verskeie voorgestelde wetgewings is wat die eiendomsreg van sy lede bedreig. De Chavonnes Vrugt sê hulle neem ook deel aan prosesse om hierdie tipe wetgewing teen te staan.

Daarmee saam het Agri NW fondsinsamelingsprojekte vir droogtehulp aan die gang om boere in die provinsie, sowel as in ander provinsies, wat gebuk gaan onder droogte, te help met voer en ander noodsaaklikhede.

Om skenkings te doen of om ‘n lid te word, gaan na Agri NW se webblad of skakel 018 632 3612 vir meer inligting.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.