On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Hier is van jou hoof landboustories op OFM

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Fri, 11 Jun 2021

Hier is van jou hoof landboustories op OFM | News Article

Ons kyk nou na jou week in die landboubedryf. OFM-nuus se Elsabé Richard lig nou vandeesweek se hoofstories op OFM uit...

Sien onderstaande PODCAST

Die premier van Noordwes, Job Mokgoro, het 'n span - onder leiding van die LUR vir landbou en landelike ontwikkeling, Desbo Mohono - ontplooi om met die bestuur van die suiwelmaatskappy, Clover, te vergader. Dit in 'n poging om die verskuiwing van die maatskappy na Durban te stop en werksgeleenthede te red. Clover het Dinsdag aangekondig dat hy van plan is om sy aanleg in Lichtenburg, onder die Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit, te sluit vanwëe onderbrekings in hulle bedrywighede weens swak water- en elektrisiteitstoevoer. Die maatskappy het ook aangedui dat die swak padinfrastruktuur hulle bedryfskoste geweldig verhoog het en dat dit hulle verskaffers geraak het. Die kantoor van die premier sê verder in 'n verklaring dat Clover ongeveer 380 permanente werknemers en ongeveer 40 tydelike werknemers in diens het. Clover verwerk daagliks ongeveer 350 000 liter melk. Ongeveer 250 000 liter melk is afkomstig van KwaZulu-Natal terwyl ongeveer 100 000 liter melk van Noordwes afkomstig is.

A man known for chaining himself in shackles whilst protesting against farm murders, Phakamile Sitho, has called for justice to be served in the Senekal Magistrate's Court in the Free State on Tuesday. This is where two suspects, Sekwetje Mahlamba and Sekola Matlaletsa, are due back in court for their alleged role in the murder of young farm manager, Brendin Horner. Sitho says he is present today in court to support both black and white farmers and make his voice heard against the threat to food security. He accuses politicians such as EFF leader Julius Malema, Police Minister Bheki Cele, and President Cyril Ramaphosa, of failing to lead the nation to prosperity. He says the trio, amongst others, are unashamedly misleading the people of the country. Sitho has called for the proposed expropriation of land without compensation to be stopped.

Melkboere, wat melk aan die suiwelgroep Clover se kaasfabriek in Lichtenburg in Noordwes voorsien, sal nog tot die eerste helfte van volgende jaar melk aan die fabriek verskaf vir die vervaardiging van fetakaas. Dit is volgens Johan Strydom, 'n melkboer in die provinsie. Strydom sê dat melkboere wel in kennis gestel is dat 'n groot deel van die kaasfabriek in Oktober vanjaar sal sluit. Clover gaan sy produksie-aktiwiteite na Queensburgh naby Durban skuif, waar die maatskappy reeds 'n aanleg het. Die munisipaliteit sal na verwagting nog 'n verklaring  hieroor uitreik.

The latest arrest and court proceedings involving an alleged multi-million feasibility study done for the controversial Vrede Dairy project has put this project and the Free State Agriculture Department’s intervention in the limelight again. Four accused were arrested facing charges of money laundering, fraud, and corruption. Free State MEC William Bulwane spoke to OFM News about the latest on the implementation of the Public Protector’s recommendations.

EN

Die Vrystaatse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling het Maandag bekend gemaak dat 'n uitbraak van die hoogs patogene voëlgriep op drie plase in die Vrystaat bevestig is. Dr Patricia Froneman, staatsveearts in Frankfort, sê die virus is op plase in Villiers, Parys en Wesselsbron aangemeld. Sy sê onder voëls word griepvirusse deur direkte kontak met besmette spesies, of deur besmette voedsel of water versprei. Weens die weerstandbiedende aard van die virus, sê Froneman kan dit maklik deur middel van plaastoerusting en klere rondgedra word, wat dan só van plaas tot plaas versprei kan word. Die departement het veldveeartse ontplooi om die uitbraak van hierdie virus te hanteer. Hulle versoek ook ander veldpersoneel om waaksaam te wees om te verseker dat die virus vroeg opgemerk word en om vinnig daarop te reageer.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.