On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Fri, 11 Jun 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die weeklikse Amerikaanse uitvoer is steeds aansienlik hoër as vorige jare met China wat 'n groot koper van Amerikaanse mielies is.

Die verwagting is dat die hoër etanolverbruik in die VSA ook die Amerikaanse voorraad verder weg gaan werk.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R80/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 311/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R86/ton hoër verhandel om teen R3 462/ton te sluit.

 

Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonverwerkers spook om sojaboonvoorraad in die hande te kry in die VSA.

Die verwagting is dat die Amerikaanse sojaboonverwerking in die 2021/22-seisoen sal toeneem as gevolg van die hoër vraag na biodiesel.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2021, R65/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 370/ton te sluit.


Koring:

In die VSA word die stroopproses van winterkoring vertraag deur koue en nat toestande.

Die wêreld koringproduksie vir die 2021/22-seisoen word op 'n nuwe hoogtepunt geskat.

Die plaaslike koringmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2021, R60/ton laer verhandel om teen R5 940/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.