On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   08:41 Tue, 15 Jun 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies

Die verwagting van bietjie koeler en natter toestande wat die res van die week in die VSA behoort te heers plaas die Amerikaanse mieliepryse onder druk.

Etanol-produksie het die afgelope maand goed toegeneem in die VSA met die groter vraag na bio-brandstowwe.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R100/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 169/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2021 R100/ton laer verhandel om teen R3 314/ton te sluit.

Sojabone

Die beter as verwagte weerstoestande vir die res van die week in die VSA het ook die sojaboonpryse onder druk geplaas.

Die Amerikaanse weerstoestande sal egter steeds die grootste bepaler van die rigting van die Amerikaanse pryse wees oor die volgende twee tot drie maande.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Julie 2021, R150/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 190/ton te sluit.

Koring

Die swakker Amerikaanse dollar het die Amerikaanse koringpryse ondersteun.

Gunstige produksietoestande, tesame met die verwagting van hoër Russiese koringproduksie vir die seisoen, het die prysstygings van koring internasionaal beperk.

Die plaaslike koringmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Julie 2021, onveranderd gesluit vir die dag teen R4 923.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.