On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Melkboere verdien erkenning: NW-boer

───   05:00 Wed, 16 Jun 2021

Melkboere verdien erkenning: NW-boer | News Article

Melkboere in Noordwes vaar onder die huidige omstandighede nie baie goed nie.

Só sê 'n melkboer in Noordwes, Johan Strydom, wat aan OFM-nuus vertel hoe melkboere op die Hoëveld nog nie ‘n realistiese prys vir hul melk betaal word nie, omdat melkpryse nie deurlopend met die infalsiekoers verhoog is nie en melkboere trek maar swaar. 

Sien PODCAST below

Hy sê Clover se onlangse besluit om uit die Noordwes te verhuis, plaas stremming op die melkboere om die melk te verskuif. Hy sê gelukkig koop Clover nie direk by die boere die melk nie, maar word dit deur die Dairy Group van Suid-Afrika aangekoop, wat gaan probeer help om ‘n nuwe mark vir die melk te help vind.

Suid-Afrika se elektrisiteitsekuriteit het ‘n baie negatiewe uitwerking op die melkbedryf omdat dit die koste verhoog, aangesien hulle deurentyd kragbystand moet hê. Hy sê melk in die tenk kan nie eens vir tien of twintig minute sonder verkoeling wees nie. Om die melkprosesse en verkoeling te kan handhaaf, moet daar deurentyd bystandkrag beskikbaar wees.

Dit het ‘n baie groot impak op finansies, want diesel-opgewekte krag kos jou tien maal meer as Eskom-krag. Verder noem Strydom ook dat in sy 40 jaar van melkboer wees, boere van 14 000 tot slegs 1 000 afgeneem het en juis as gevolg hiervan, asook vehoogde druk, verdien hulle ‘n regmatige plek en erkenning in die landboubedryf.



OFM-nuus/Blaine Jones

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.