On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Groot verligting na drie provinsies as droogterampgebiede verklaar is

───   ELSABÉ RICHARD 14:17 Thu, 22 Jul 2021

Landbounuus-podcast: Groot verligting na drie provinsies as droogterampgebiede verklaar is | News Article
Foto: OFM-nuus

Daar is groot verligting nadat die Noord-, Oos- en Wes-Kaap vandeesweek as droogterampgebiede verklaar is.

Landbou-organisasies in dié provinsies het hierdie aankondiging met ope arms verwelkom. Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, verduidelik dat hierdie 'n nasionale rampverklaring is wat toegepas kan word op die genoemde provinsies. Jannie Strydom, hoof uitvoerende beampte van Agri Wes-Kaap, het intussen in 'n mediaverklaring gesê die organisasie vertrou dat droogte-geteisterde gebiede in die provinsie ondersteuning sal ontvang. Die soort hulp wat gelewer gaan word, is nog nie duidelik nie, maar hy sê droogtehulp in die vorm van veevoer en saad vir weiding, onder meer, sal verwelkom word.

Vrystaat Landbou doen 'n beroep op die publiek om kommentaar op die Wysingswet op Vuurwapenbeheer te lewer. Dit volg nadat dié organisasie Woensdag 21 Julie skriftelike kommentaar per e-pos ingedien het. Tommie Esterhuyse, vise-president van Vrystaat Landbou, sê die onlangse gebeure in veral KwaZulu-Natal, asook Gauteng, tesame met President Cyril Ramaphosa se erkenning op nasionale televisie op 16 Julie dat die staat onvoorbereid was om die grootskaalse plundering en beskadiging van eiendom aan te spreek, het weer eens die klem op die reg tot selfverdediging geplaas. Daar is tyd tot 2 Augustus om skriftelike kommentaar in te dien.

EN

‘n Beefmaster-bul van Bos Blanco-boerdery in Kroonstad in die Vrystaat, het onlangs vir ’n rekordprys van R1,1 miljoen op ‘n veiling verkoop. Dennis Staal, wat saam met sy broer Bernie die boerdery bestuur, sê hulle is trots en skryf hulle sukses toe aan jare se harde werk. Dié familieboerdery se hooffokus is nie net stoetboerdery nie maar ook kommersiële beeste sowel as saaiboerdery. Staal sê aan OFM-nuus dat hulle reeds in 1991 met hulle Beefmaster en Brahman-stoeterye begin het. Hy sê daar is nie 'n goue reël om die beste bul te teel nie.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.