On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Eerste pluimveeslagpale in Noordwes voltooi

───   ELSABÉ RICHARD 14:11 Fri, 23 Jul 2021

Landbounuus-podcast: Eerste pluimveeslagpale in Noordwes voltooi | News Article

Pluimveeboere in Noordwes sal grootliks bevoordeel word nadat die plaaslike Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling se eerste pluimveeslagpale in die provinsie voltooi is.

Die aanleg is in Kgora Farmers Training Centre naby Mahikeng geleë en dit is die eerste van vele projekte wat tans in Kgora aan die gang is. Die departement sê tot 500 stuks pluimvee sal per dag by hierdie aanleg geslag kan word, volledig onder toesig van 'n onafhanklike vleisinspekteur, aangesien dit volgens die wet vereis word. Volgens die departement bevoordeel die aanleg reeds die plaaslike boere wat nuwelinge in die pluimveebedryf is. Dit is hoofsaaklik vir boere met beperkte middele en wat nie die koste van private slagplaasdienste kan bekostig nie. LUR Desbo Mohono het intussen die voltooiing van dié slagpale verwelkom. Mohono benadruk dat die fasiliteit een van die vele belangrike ingrypings van haar departement is wat daarop gemik is om die lewens van plattelandse gemeenskappe te verbeter deur middel van infrastruktuurontwikkeling.

Boere en grondgebruikers in die Noord-Kaap word versoek om op hul hoede te wees vir veldbrande. Dit volg op berigte oor kleinboere in die Frances Baard-distrik wat van hul vee en weiveld weens veldbrande verloor het. Die LUR vir landbou, omgewingsake en landelike ontwikkeling, Mase Manopole, sê die provinsie ervaar gewoonlik veldbrande gedurende hierdie tyd van die jaar. Sy sê hulle wil dit vermy, want dit lei dikwels tot die verlies van vee, weiveld en soms mense se lewens. Manopole dui in 'n verklaring verder aan dat daar vereistes is soos uiteengesit in die Veld- en Bosbrandwet, waaraan boere en grondgebruikers moet voldoen. Sy het motoriste verder gemaan om hulself daarvan te weerhou om sigaretstompies by hul vensters uit te gooi terwyl hulle bestuur. Die pleidooi van die Noord-Kaapse regering kom nadat OFM-nuus onlangs berig het oor veldbrande wat verwoesting gesaai het in verskeie dele van die Vrystaat. Vrystaat Landbou (VL) het intussen bekend gemaak dat volgens voorlopige data het sowat 67 000 hektaar veld afgebrand. Die organisasie het ook bygevoeg dat die beraamde strukturele skadevergoeding weens brande R2,7 miljoen beloop. VL het hierdie data ontvang nadat 'n aanlyn-opname gedoen is onder boere wat deur die brande geraak is.

EN

Covid-19 het ’n boer geëis wat as ’n onbaatsugtige leier beskryf is wat naby aan die Here en aan die natuur geleef het. Luidens 'n artikel deur landbou.com is 60-jarige Kobus Dannhauser, bekende boer en Afrika Droughtmaster-teler van Parys, Woensdag oorlede. Die Dannhausers van die plaas Goedgedacht boer reeds 140 jaar in die distrik. Kobus was die sesde geslag van sy familie wat hier ’n bestaan gevoer het. In 2005 was Dannhauser Graan SA se Graanprodusent van die Jaar waarna hy sy mielieboerdery vir vleisbeesboerdery verruil het. Hy het tot sy dood saam met sy seun, Johan, op Goedgedacht geboer waar hulle ’n voerkraal en Droughtmaster- en Beefmaster-stoetery bedryf het. Hul Considerata Droughtmaster-stoetery, wat in 2011 begin is, is landwyd en selfs oorsee bekend.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.