On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Naspeurbaarheid en bioveiligheid noodsaaklik vir SA se beesvleisbedryf

───   ELSABÉ RICHARD 10:29 Tue, 27 Jul 2021

Landbounuus-podcast: Naspeurbaarheid en bioveiligheid noodsaaklik vir SA se beesvleisbedryf | News Article
Foto: Photoxpress

Roelie van Reenen, hoof van die verskaffingsketting van die Beefmaster-groep, sê dis belangrik dat Suid-Afrika behoorlike naspeurbaarheidstrukture en bioveiligheidsmaatreëls moet hê.

Hy sê strukture het vordering gemaak, maar dat daar nog baie werk voorlê in terme van biosekuriteit en naspeurbaarheid. Met dit gesê, sê Van Reenen het veral naspeurbaarheid in Suid-Afrika nog aandag nodig. Hy verduidelik dat wanneer daar na biosekuriteit gekyk word is dit ‘n waardevolle element vir die rooivleisbedryf vir die bekamping van dieresiektes soos bek-en-klouseer. Bek-en-klouseer is meer as ‘n maand gelede in KwaZulu-Natal gerapporteer en dit het produsente en die bedryf opnuut herinner van die belangrikheid van die implementering van biosekuriteitsmaatreëls en om ‘n naspeurbaarheidstelsel in plek te hê.

EN

Hoewel die hoogtepunt van die winter na verwagting in die derde week van Julie bereik is, is dit nog nie die einde van sterk koue fronte en baie koue toestande nie. Landbou.com sê terwyl die weerkantoor waarsku dat die kouefront wat vandag oor die Wes-Kaap gaan beweeg en reën na die winterreënstreek gaan bring, stormsterk winde oor dele van die provinsie kan veroorsaak, dui weermodelle op langer termyn daarop dat sterk frontale
stelsels wat skerp temperatuurdalings – soos verlede week ervaar is – weer in Augustus kan voorkom. Die twee stelsels sal die sentrale, suidelike en suidoostelike binneland na verwagting van 5 tot 11 Augustus en weer van 20 tot 25 Augustus raak. Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, sê daar kan in dié tydperke koue- of rypskade voorkom aan vroeë koringaanplantings in die Vrystaat en Noord-Kaap, terwyl druiwe in die Noord-Kaap en vrugtebome in veral die Langkloof en ander gebiede in die suidoostelike binneland skade kan opdoen. Daar is ook ’n kans op temperatuurdalings in die tweede en derde week van September, maar dit
is onseker hoe intens dit gaan wees.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.