On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Weerstand teen onkruiddoders hou nagevolge vir gewasprodusente in

───   ELSABÉ RICHARD 11:29 Thu, 29 Jul 2021

Landbounuus-podcast: Weerstand teen onkruiddoders hou nagevolge vir gewasprodusente in | News Article

Weerstand teen onkruiddoders hou verskeie nagevolge vir gewasprodusente in.

Volgens Elriza Theron, bemarkings- en kommunikasiebestuurder van Croplife SA, kan dit ook lei tot ‘n toename in die boer se produksiekoste. Theron sê daar is meer as 250 onkruidspesies wat teen 160 verskillende onkruiddoders wêreldwyd weerstand ontwikkel het. Sy voeg by dat weerstand voorkom kan word deur die etiket van die onkruiddoder na te gaan. Sy sê verder dat boere ook seker moet maak dat die onkruiddoders volgens die regte volume en tempo toegedien word, soos aangedui op die etiket, aangesien oor- en onderdosering ook tot weerstand kan lei.

EN

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewendehawe. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings, onder 200kg, teen R41,13 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R38,21 en speenkalwers oor 250kg het teen R37,00 per kg verkoop.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.