On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Somer-oes skitter en wintergewasse lyk belowend

───   12:16 Fri, 30 Jul 2021

Landbounuus-podcast: Somer-oes skitter en wintergewasse lyk belowend | News Article

Met die stroopproses van somergewasse wat einde se kant toe staan, het die nasionale oesskattingskomitee die mielie-oes vir die sesde keer verhoog.

Landbou.com berig dit staan nou op 16 431 miljoen ton – wat 7% meer is as die 2020-oes wat reeds ’n skitteroes was. Die skatting is 198 500 ton meer as verlede maand se skatting en die verwagte gemiddelde opbrengs is 5,96 ton per hektaar. Die drie belangrikste gebiede wat mielies verbou, naamlik die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes, gaan na verwagting 84% van die 2021-oes lewer. Terwyl die skatting vir die ander somergewasse onveranderd gelaat is, is die voorlopige oppervlakteskatting vir wintergewasse ook bekend gemaak. Die voorlopige skatting van die oppervlakte onder koring beloop 516 000 hektaar, wat 6 200 hektaar meer is as die 509 800 hektaar wat verlede seisoen aangeplant is.

EN

Weerstand teen onkruiddoders hou verskeie nadele vir gewasprodusente en die omgewing in. Elriza Theron, bemarkings- en kommunikasiebestuurder van Croplife SA, sê boere se geldsake word ook op die lang termyn hierdeur geraak. Theron vergelyk weerstand teen onkruiddoders met die konsep van wanneer mense weerstand teen antibiotika ontwikkel. Sy maan daarom gewasprodusente om voorskrifte te lees en daarby te hou en die etikette van gewasbeskermingsprodukte te volg aangesien dit belangrike inligting soos veiligheidsmaatreëls bevat. Theron voeg verder by dat weerstand ‘n natuurlike proses is wat wel bestuur kan word.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.