On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: AfriForum se Bloemfontein-buurtwagte help om veldbrande te blus

───   14:00 Mon, 02 Aug 2021

Landbounuus-podcast: AfriForum se Bloemfontein-buurtwagte help om veldbrande te blus  | News Article
FOTO: VERSKAF

Afriforum-buurtwagte in Bloemfontein, in die Vrystaat, het in Julie ‘n totale 28 veldbrande in die gebied bestry en geblus.

Afriforum se distrikskoördineerder, Christo Groenewald, sê die brand wat die grootse verwoesting veroorsaak het, was by Jagersfontein, waar buurtwaglede hulp aan die plaaslike gemeenskap en brandweer verleen het. Groenewald sê hy wil graag die boere en kleinhoewe-eienaars in die omgewing aanmoedig om hulle by die plaaslike brandvereniging aan te sluit sodat die korrekte prosedures gevolg kan word wanneer hulle brandbane maak om moontlike brandverwoesting in die toekoms te vermy.

Daarmee saam wil boere wat skade gely het weens die onlangse veldbrande tussen 12 en 13 Julie 2021, hul opregte dank uitspreek vir die eindelose bystand en hulp tydens hierdie moeilike tyd. OFM-nuus het met Christelle van der Merwe, van die Mooivlakte-plaas in DIE Fauresmith-distrik in die Vrystaat, gesels. Sy sê die veldbrande het ‘n verwoestende uitwerking op boere en hul boerderye gehad. Sy is saam met die ander boere, ewig dank verskuldig aan almal wat hulle bygestaan het, én steeds bystaan, nadat hulle erge verliese weens die Vrystaatse veldbrande gely het. Sy sê mense van oor die Vrystaat en Suid-Afrika heen, het voer geskenk, asook geld en ander noodsaaklikhede, wat baie handig was.

EN

Noordwes se Departement van Landbou werk ywerig daaraan om voedsel-onsekerheid te voorkom. Volgens die departementele woordvoerder, Emelda Setlhako, het die Noordwes-LUR vir Landbou, Desbo Mohono, en die departement 'n groentetuin by die Witrand-hospitaal in Potchefstroom gevestig, waar hulle gereedskap aan die bestuur van die tuin oorhandig het om dit te onderhou. Die departement het ook meer as 300 hoenders aan die JB Marks-sentrum geskenk as deel van hul voedselsekerheidsinisiatief. Setlhako sê dat dié twee die nuutste instansies is wat voordeel uit die provinsiale program vir voedselsekerheid getrek het. Sy voeg by dat Mohono en haar departement belowe het om steeds gemeenskappe in die provinsie te ondersteun en met volhoubare voedselprojekte te help om armoede te beperk. Sy sê die LUR het oor die Covid-19-pandemie gepraat wat erger word, asook oor die negatiewe uitwerking daarvan op armoede en ongelykheid. Dit vereis dat almal hul pogings moet verskerp om mense te help waar hulle kan.



OFM-nuus/Lee Simmons

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.