On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Rosyntjiepryse onder druk, maar verkope op met 20% in SA

───   ELSABÉ RICHARD 12:21 Tue, 03 Aug 2021

Landbounuus-podcast: Rosyntjiepryse onder druk, maar verkope op met 20% in SA | News Article

Rosyntjieverkope in Suid-Afrika het met sowat 20% toegeneem alhoewel die bedryf se pryse tans onder druk verkeer.

Internasionaal het verkope jaar-op-jaar met sowat 13% gegroei. Ferdie Botha, hoof uitvoerende bestuurder van Raisins SA, sê toe die Covid-19 pandemie sy kop verlede jaar in die land uitgesteek het, was die bedryf bekommerd. Tot hul verbasing het verkope egter toegeneem. Intussen sê Botha die afgelope weke se koue was voordelig vir die wingerde.

EN

Die landbou-unie TLU SA het met ‘n veldtog begin waarin hy die departement van Water en Sanitasie én die regering vra om die land se waterbronne te herstel of privaatinstellings aan te stel om dit te doen. Die SAUK berig TLU SA sê in ‘n verklaring volgens die 2019 Water- en Sanitasie Meesterplan, was 56-persent van die 1 150 munisipale rioolaanlegte en 44-persent van die 962 watersuiweringsaanlegte in ‘n swak of benarde toestand. Elf persent was heeltemal buite werking. Die voorsitter van die landbou-unie se Omgewingsbewaringskomitee, Steven Vermaak, sê die redes hiervoor is die verval van watersuiweringsaanlegte as gevolg van munisipale korrupsie, wanbestuur en onkundige personeel. Hy sê die swak gehalte van water hou nie net ‘n risiko in vir die beskikbaarheid van drinkwater nie, maar ook vir die volhoubaarheid van landbou. Vermaak sê met dié veldtog wil die TLU SA die swak gehalte van water regoor die land onder die regering se aandag bring.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.