On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: SA melkbedryf presteer optimaal ten spyte van huidige omstandighede

───   ELSABÉ RICHARD 11:22 Wed, 04 Aug 2021

Landbounuus-podcast: SA melkbedryf presteer optimaal ten spyte van huidige omstandighede | News Article
Foto: veekos.co.za

Die Suid-Afrikaanse melkbedryf is kerngesond.

 Só sê Nico Fouché, hoof uitvoerende beampte van Melk SA. Hy het in ‘n onderhoud met OFM-nuus - oor hoe dit tans in die bedryf gaan, gesê dat die gemiddelde roumelk-produksie in die land die afgelope 12 jaar met sowat 2,26% jaar-op-jaar gestyg het. Fouché deel verder dat die produksie van roumelk in 2020 sywaars beweeg het en dat melkproduksie egter gedurende die eerste 6 maande van 2021 'n afname getoon het. Hy sê die daling in melkproduksie gedurende die eerste 6 maande van die jaar is kommerwekkend.

EN

Wynprodusente in Suid-Afrika word weer eens uitgenooi om in te skryf vir vanjaar se Sauvignon Blanc SA Top 10-kompetisie. Hierdie kompetisie is die enigste in die land wat aan Sauvignon Blanc toegewy is. Volgens Isabau Botha, Agri-Expo se korporatiewe kommunikasiebestuurder, is hulle op soek na die beste Sauvignon Blanc in Suid-Afrika, die land se gewildste wynkultivar. Wynprodusente kan www.sauvignonblanc.com besoek vir meer inligting.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.