On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: #Covid19-inentingsveldtogte sal op verskeie plase in NK voortgesit word

───   ELSABÉ RICHARD 13:05 Thu, 05 Aug 2021

Landbounuus-podcast: #Covid19-inentingsveldtogte sal op verskeie plase in NK voortgesit word | News Article
Image: Pixabay - Fernando Zhiminaicela

Die Departement van Gesondheid in die ZF Mgcawu-streek in die Noord-Kaap sê Covid-19-inentingsveldtogte sal op verskeie plase in die provinsie voortgesit word.

Bennie van Schalkwyk, woordvoerder van die departement, sê hoewel inentings nie verpligtend is nie, moedig hulle steeds mense aan om ingeënt te word teen die virus. OFM-nuus se Cathy Dlodlo berig die inentingsveldtogte gaan intussen vandag in die Dawid Kruiper munisipale regsgebied, asook die Kai Garib- en Tsantsabane munisipale regsgebiede voort.

EN

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewendehawe. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings, onder 200kg, teen R41,33 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R38,03 en speenkalwers oor 250kg het teen R37,12 per kg verkoop.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.