On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Leeubedryf beleef tans moeilike tye

───   14:13 Thu, 05 Aug 2021

Leeubedryf beleef tans moeilike tye  | News Article

Die leeubedryf vaar op die oomblik nie baie goed nie. Dit is volgens Botha Barnard, eienaar van die Bagamoya-wildplaas wat sowat 35km buite Bloemfontein in die Vrystaat geleë is.

Hy sê sy liefde vir leeus het 22 jaar gelede begin toe hy die eertse keer vir Bongani ontmoet het. “22 jaar terug wou hulle ‘n leeu by die dieretuin van kant maak. Die leeutjie se naam was Bongani gewees. Hy was blind. Ek het gehoor van die leeu, en die leeu laat opereer in Johannesburg. Toe het hy na my toe teruggekom. Die dieretuin het hom aan my oorgeteken. Dis hoe ons begin het.”

Barnard verduidelik dat die leeubedryf tans ‘n laagtepunt beleef as gevolg van Covid-19 en die feit dat daar ook verskeie ander redes is wat die leeubedryf beïnvloed. “Ons is nie in die handel van leeus nie, so ons trek nie 'n werklike finansiële voordeel uit die leeus nie, behalwe vir toerisme. Ons is egter nou al vir die laaste, ek dink amper drie jaar, toe want ons was besig met restorasies en die pandemie het ons ook bietjie teruggesit tydsgewys.” 

Hy voeg by dat daar nie werklik nou 'n voordeel vir die leeubedryf is nie, want ander wat in die leeujagbedryf is, sit nou met honderde leeus wat hulle nie weet wat om mee te maak nie. Dit het daartoe gelei dat leeus nou amper verniet weggegee. 

 Verder praat Barnard oor die hoeveelheid wat leeus eet. “Ons leeus word drie keer ‘n week gevoer. ‘n Leeu eet so 25 kilogram kos per week. Kyk, ‘n leeu eet tot hulle vol is en dan slaap hy. Hy sal maklik ‘n dag, of 'n dag en ‘n half slaap voordat hy eers weer rondbeweeg. Hy sal net water drink omdat hulle nie so hiperaktief is nie. Onthou hy jag nie hier sy kos nie, hy het nie nodig om iets te vang nie. As jy hom elke dag sy kos gee, dan word hulle modder-vet.”

 Hy eindig af deur te sê, “op die einde van die dag, as jy gaan kyk na die leeubedryf , is die groot geld die bou van die hokke, jou infrastruktuur, die diere ook maar nie in so 'n groot mate nie, omrede die prys nou so laag is. So enigiemand wat oorweeg om in die leeubedryf te betree, gaan maar, tot tyd en wyl die pryse en goed nie verander het nie... sal ek nie iemand aanraai om nou in die leeubedryf te gaan nie.” 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.