On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Pekanneute vereis geduld en goeie kwaliteit water en grond

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Thu, 16 Sep 2021

Pekanneute vereis geduld en goeie kwaliteit water en grond | News Article

‘n Groep pekanneutboere in die Jacobsdal-omgewing in die Vrystaat het hande gevat om hul eie pekanneutprodukte te verpak, te verwerk en uit te voer.

Volgens Jan Cloete, hoof uitvoerende beampte van Gariep Pecans, stel die vorming van die maatskappy hulle in staat om meer wins te maak. 

Sien onderstaande PODCAST

Cloete deel dat om pekanneute as ‘n boerdery aan te pak moeilik kan wees. Dit, aangesien dit baie jare neem voordat die boer geld kan begin verdien. Hy sê bome vat omtrent 8 tot 12 jaar om volle produksie te bereik.

Dié bome verg ook baie versorging, geduld en goeie kwaliteit water en grond. Daarom raai Cloete produsente aan om seker te maak dat die grond nie baie soute en nitrate bevat nie en dat daar genoeg en goeie kwaliteit water vir die bome beskikbaar is.

Bome moet ook geplat word in ‘n area waar hulle genoeg son kry om te groei maar ook waar hulle genoeg koue kry om in rus te kan gaan.  

Verder is die totale hektaar grond waarop die groep boere pekanneute plant, omtrent 2 035 hektaar, waarvan 320 hektaar in vol produksie is.

Die oesseisoen vir pekanneute is gewoonlik van middel Junie tot middel Augustus. Volgens Cloete wissel oestyd eintlik van jaar tot jaar afhangende van wanneer winter begin, en vanjaar het hulle ‘n maand later as verlede jaar begin oes.

“Ons fabriek het rondom 500 ton verwerk, wat eintlik ‘n klein hoeveelheid is as jy dit met ander verwerkers vergelyk. Maar omdat ons ‘n boeregroep is en ons ons eie [verwerking] doen en ons aandeelhouers nog in die opkomende fase is, is dit nog min, maar dit sal eksponensieel verander in die volgende paar jaar,” sê Cloete.


Markte

Volgens Wilber Rudman, bemarkingsbestuurder van Gariep Pecans, is die Suid-Afrikaanse pekanneutmark nog relatief klein. Hy deel dat die bedryf ook wesenlike groei in die Suid-Afrikaanse mark gesien het die afgelope ruk.

“Ek dink dit is belangrik vir elke verwerker om moeite te doen en te help om hierdie mark te ontgin,” sê Rudman, en voeg by dat die pekanneutbedryf oor die algemeen ‘n goed ontwikkelde bedryf is met baie potensiaal.

Wat die oorsese markte betref, verduidelik hy dat oor die jare het meeste van die plaaslike verwerkers die afset vir hulle produkte goed gevestig in die buiteland. Hy noem dat die plaaslike pekanneutbedryf meestal rondom die Chinese mark gesentreerd is. Maar hy voorsien dat op die langer termyn gaan daar ‘n geleentheid gaan wees in areas soos Europa en Asië.

Besoek Gariep Pecans se webtuiste vir meer inligting of kontak Cloete by 082 948 2886.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.