On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: OVK hou eerste Vroue Skaapboerdery Boeredag

───   ELSABÉ RICHARD 14:44 Thu, 16 Sep 2021

Landbounuus-podcast: OVK hou eerste Vroue Skaapboerdery Boeredag | News Article

Die OVK-groep het Donderdag 16 September sy eerste Vroue Skaapboerdery Boeredag gehou.

Vroue in dié bedryf het byeengekom om hierdie besonderse dag by te woon. Aanbiedings oor die evaluering van wol, sowel as reproduksie by skape, was slegs enkele van die onderwerpe wat met die vroue gedeel is. Volgens Christel Basson, bemarkings- en kommunikasiebestuurder van OVK, is Vroue Skaapboerdery Boeredag op die been gebring om die kollig op vroue in die bedryf te fokus.

Ligte tot matige ryp kan van Donderdag tot Saterdag oor die sentrale en suidelike dele van die Vrystaat, die oostelike dele van die Noord-Kaap en oor dele van die binneland van die Oos-Kaap voorkom. Volgens Landbou.com sluit distrikte wat geraak kan word, Bloemfontein, Fauresmith, Jacobsdal, Petrusburg, Prieska tot Colesberg, Aliwal-Noord en verder suidooswaarts tot by Queenstown en Cradock in. Johan van den Berg, 'n onafhanklike landbouweerkundige, voeg verder by dat in dieselfde gebiede kan ligte tot matige ryp rondom 20 tot 22 September voorkom, terwyl temperatuurdalings weer teen einde September en in die eerste week van Oktober daar moontlik is. Daar is ook ’n kans dat koue fronte ligte reën rondom middel tot einde Oktober kan veroorsaak, maar dit lyk na neerslae wat nie die oesproses van wintergrane behoort te benadeel nie.

EN

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewendehawe. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings, onder 200kg, teen R43,12 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R39,88 en speenkalwers oor 250kg het teen R38,55 per kg verkoop.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.