On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Mon, 20 Sep 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het Vrydag onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag.

Suid-Korea het Vrydag ongeveer 66 000 ton mielies aangekoop op 'n internasionale tender. Dit is vanaf opsionele oorsprong. 

Die plaaslike mieliemark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is van beide wit- en geelmielies.

Die witmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R24/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 251/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R24/ton hoër verhandel om teen R3 414/ton te sluit.

 

Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het Vrydag onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag.

Private uitvoerders het Vrydag sojaboon-uitvoerverkope van ongeveer 133 000 ton aan die USDA gerapporteer. Dit is vir lewering aan China.

Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Desember 2021, R53/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 708/ton te sluit.

 

Koring:

Die Amerikaanse koringmark het Vrydag onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag.

Die verwagting is dat die Amerikaanse koringaanplantings vir 2022 ongeveer 3.3% hoër behoort te wees as vir die 2021-seisoen. 

Die plaaslike koringmark het Vrydag ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R3/ton hoër verhandel vir die dag om teen R5 515/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.