On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Eerste OVK-Vroue Boeredag was ‘n groot sukses

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Mon, 20 Sep 2021

Eerste OVK-Vroue Boeredag was ‘n groot sukses | News Article
Foto: OVK (Facebook)

Bykans 60 vroueboere het OVK se eerste Vroue Skaapboerdery Boeredag bygewoon.

Christel Basson, bemarkings- en kommunikasiebestuurder van OVK, sê dié besonderse dag was ‘n groot sukses en dat planne vir volgende jaar se vroue boeredag reeds onderweg is. 

Sien onderstaande PODCAST

Basson vertel dat die konsep vir ‘n vroue boeredag meer as ‘n maand gelede gebore is toe een dame genoem het dat daar ‘n behoefte aan ‘n boeredag is wat uitsluitlik toegewy is aan vroueboere.

En so is Vroue Skaapboerdery Boeredag is op die been gebring om sodoende die kollig op vroue in die bedryf te fokus.

Terugvoering van vroue wat die dag bygewoon het, sê Basson, toon dat daar inderdaad ‘n groot behoefte onder vroue in die landboubedryf is vir sulke dae. Sy sê vroue het aangedui dat hulle graag sal wil leer oor verskeie onderwerpe in landbou soos beeste, finansies, ensovoorts.

“Hierdie was regtig ‘n geloofsvoet op die water. Ek sien dat dit baie vinnig gaan eskaleer want almal wil al klaar weet waar is die volgende een en waaroor gaan dit wees,” sê Basson.

Sy voeg verder by dat OVK reeds besig is om te kyk na of die Vroue Boeredag weer in September 2022 gehou kan word en oorweeg al klaar watter onderwerpe tydens hierdie geleentheid bespreek sal word.

“Uiteraard is daar verskillende goed wat ek dink uit hierdie [dag] gaan uitvloei. Daar was vroue van die Karoo wat reeds vir my gevra het dat ons aanbiedinge in die Karoo moet kom doen. So, ek dink dat ons dalk in die volgende jaar, met die beplanning wat nou gaan begin, daar heelwat sulke boeredae vir vroue sal wees,“ voeg Basson verder by.

Basson sê gewone boeredae is gewoonlik ‘n mans georiënteerde dag en dat vroue hierdie dae ook bywoon. Sy sê wat hulle gevind het, is dat vroue nie altyd die vrymoedigheid het om ‘n vraag by sulke dae te vra nie. Nou, deur OVK se vroue boeredae, skep die organisasie vir vroue die platform om vrae te kan vra sonder om onseker te voel.

OFM-nuus het verlede week berig dat vroue in die skaapbedryf byeengekom het om hierdie besonderse dag by te woon.

Aanbiedings oor die evaluering van wol, voedsel sowel as reproduksie by skape, was slegs enkele van die onderwerpe wat met die vroue gedeel is.

Dié boeredag het op Donderdag 16 September by die Pepper Tree Guest House plaasgevind.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.