On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Tue, 21 Sep 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
Foto: jardineriaon.com

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag.

Die weeklikse Amerikaanse uitvoerinspeksies was 15% hoër as die vorige week se uitvoerinspeksies.    

Die plaaslike mieliemark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is van beide wit en geelmielies.

Die witmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R10/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 241/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R16/ton laer verhandel om teen R3 398/ton te sluit.

 

Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag.

Die weeklikse uitvoerinspeksies verslag het aangetoon dat die weeklikse uitvoerinspeksies 42% hoër was as die vorige week se uitvoerinspeksies.  

Die plaaslike sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Desember 2021, R22/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 730/ton te sluit.

 

Koring:

Die Amerikaanse koringmark het gister onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag.

Die weeklikse Amerikaanse uitvoerinspeksies was laer as die vorige week se uitvoerinspeksies.

Die plaaslike koringmark het gister gemeng verhandel met van die kontrakte wat onder druk gekom het terwyl ander kontrakte ondersteuning gevind het.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R30/ton laer verhandel vir die dag om teen R5 485/ton te sluit.


OFM-nuus

 

 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.