On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Só lyk weervooruitsigte

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Tue, 21 Sep 2021

Só lyk weervooruitsigte | News Article
Foto: wfmj.com

Koeler temperature en sterk wind kan in die volgende paar dae weer voorkom.

Volgens Johan van den Berg, onafhanlike landbouweerkundige, kan daar ligte ryp in gebiede soos die Suid-Vrystaat voorkom.

Sien onderstaande PODCAST

Van den Berg sê die Wes-Kaap ervaar nog kouefronte, wat die rede is vir die daling in temperature wat in die binneland ervaar word.

Maar temperature behoort net voor die komende naweek redelik warmer te word met dagtemperature wat waarskynlik 30 grade Celsius sal bereik. Van den Berg voeg verder by dat lekker warm temperature tot in die eerste week van Oktober kan voorkom.

Reënvooruitsigte toon dat daar ‘n moontlikheid van reën in die sentrale tot oostelike dele, wat die Oos-Vrystaat insluit, in die tweede week van Oktober bestaan, “en dan later in die maand hier na die middel en na die einde toe, behoort dit ‘n bietjie meer wes te beweeg na die res van die Vrystaat,” sê Van den Berg.

In terme van reënvooruitsigte in die droogtegeteisterde gebiede in die Noord-Kaap, sê Van den Berg toon weervooruitsigte in hierdie stadium dat daar nie reën vir daardie gebiede voorspel word nie.

Daarmee saam sê hy inwoners moet kennis neem dat sterk winde nog sal voorkom, wat verspreide veldbrande kan veroorsaak.

Sy waarskuwing volg nadat meer as ‘n miljoen hektaar weiveld in sentraal Suid-Afrika die afgelope weke verwoes is. Boere het nie net weiveld verloor nie, maar ook diere en infrastruktuur.

OFM-nuus het vroeër berig dat Jack Armour van Vrystaat Landbou (VL) aangedui het dat daar nou ‘n groot behoefte aan veevoer is en hy het 'n beroep gedoen op diegene wat in staat is om skenkings te kan doen, om die organisasie se webwerf te besoek vir meer inligting oor hoe om te help.

Verder het Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, die publiek aangemoedig om versigtigtig te wees en nie sigaretstompies by hul motors se vensters uit te gooi nie en om nie vure in die veld te begin nie.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.