On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agri Hour

Maak jou eie insekdoder met rissies, uie en knoffel

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Wed, 22 Sep 2021

Maak jou eie insekdoder met rissies, uie en knoffel | News Article
Foto: Thabo Olivier (Facebook)

Dit kan baie lonend wees om jou eie groente tuis te kweek, maar dit beteken ook dat jy met insekte te doen sal hê wat die groei van jou plante kan belemmer.

Jy het dan twee opsies – om ‘n insekdoder te koop, of om jou eie insekdoder tuis te maak. 

In hierdie insetsel deel 'n bekende voedselsekerheidsaktivis in Bloemfontein, Thabo Olivier, hoe om jou eie insekdoder met rissies, uie en knoffel te maak. 

Sien onderstaande PODCAST

Die voordeel van hierdie tuisgemaakte organiese insekdoder is dat dit veilig is om te gebruik, en wanneer jy die groente wil eet, kan jy dit net goed afwas.

Die mengsel kan ook gereeld toegedien word, afhangende van hoe sterk jy dit maak.

Die rissie brand die insek dood en die uie- en knoffelreuk is onaangenaam vir hulle.

Olivier sê veral plantluise is ‘n probleem wanneer dit kom by die groei van groente.

Die mengsel brand plantluise binne 30 minute dood.


READ: Bfn food security activist on his way to Mozambique


Hoe om die mengsel te maak:

Maak die rissies fyn en kook dit oornag, “dis amper soos mens tobacco maak en dan sit ek ook uie en knoffel by.”

Enige russie kan vir hierdie mengsel gebruik word, en as jy nie knoffel het nie, sê Olivier kan jy selfs knoffel-olie gebruik. Indien jy nie rissies het nie sal peri-peri poeier ook werk.

Gooi dan klein bietjie water en twee tot drie druppels Sunlight-liquid in om die mengsel te verdun. Olivier verduidelik dat blare gewoonlik ‘n olielagie het en wanneer jy die mengsel sonder die Sunlight-liquid toedien, sal die mengsel nie op die blaar bly nie.

Hierdie mengsel kan op enige plante gespuit word.

Verder sê Olivier wanneer jy lieweheersbesies in jou tuin sien, is dit ‘n goeie teken aangesien hulle plantluise opeet.

Intussen deel Olivier graag sy kennis om groente tuis te groei op Facebook. “[Ek] deel baie van die goed wat ek self beoefen, soos [die groei] van ‘n hele tuin uit bottels uit en hoe om jou saailinge in eierdoppe te ontkiem. Omdat my spasie baie klein is, plant ek nie net saad nie, ek gebruik saailinge. So, ek kweek my saailinge in ‘n klein area en daarna plant ek dit in die tuin,” verduidelik Olivier.

Hy het reeds ‘n hele paar videos op sy Facebook-blad gelaai en het goeie reaksie op sosiale media ontvang.



Volg Olivier op YouTube en Facebook: Thabo Olivier en Lets Grow Food.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.