On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Sustainability Summit skyn kollig op volhoubaarheid van stede, landbou en voedselsekuriteit

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Thu, 23 Sep 2021

Sustainability Summit skyn kollig op volhoubaarheid van stede, landbou en voedselsekuriteit | News Article
Foto: www.indoasiancommodities.com

Die Sustainability Summit het vanjaar vir die 11de keer plaasgevind en, soos in die verlede, het die landbou-chemiese leier, Syngenta, ‘n groot rol in die verrigtinge gespeel.

OFM-nuus se Elsabé Richard het met Antonie Delport, besturende direkteur van Syngenta Suid-Afrika, gesels om ‘n paar gedagtes oor die Sustainability Summit te wissel.

Sien onderstaande PODCAST

Waarom was Syngenta so aktief betrokke by die 2021 Sustainability Summit?

“Hierdie aangeleentheid lê Syngenta na aan die hart. Die belangrikheid van volhoubaarheid, spesifiek voedselproduksie, raak elke mens op aarde en as ‘n aktiewe, innoverende en internasionale leier in gewasbeskerming en saad, glo ons dit is Syngeta se verantwoordelikheid en ons wil graag betrokke wees daarby, om ‘n betekenisvolle  bydrae te lewer op hierdie vlak en hierdeur ‘n voorbeeld te stel vir die industrie om betrokke te wees waar hulle kan.”


Een van die besprekings waarin Syngenta die voortou geneem het, was die dialoog oor volhoubare stede. Wat is die verband tussen landbou en volhoubare stede? 

“Stede kan gesien word as pilare van vandag en môre. Dit is waar die ekonomiese groei en die bevolkingsgroei is. DIt is plekke van innovasie waar die ekonomie grootliks gebou word en dit is ook waar die werksgeleenthede is.

“Stede in Afrika groei vinniger as op enige ander kontinent. Daar word op die oomblik verwag dat die bevolking in stede van 2050 sal verdriedubbel -  ‘n ekstra 800 miljoen mense. As ‘n mens só daaroor dink dan kan jy verstaan hoekom landbou [noodsaaklik] tot die volhoubaarheid van hierdie stede is.

“Ook landbou rondom stede, in die vorm van kleinboerontwikkelingsprojekte, raak al hoe meer belangrik. Hier kan ons natuurlik tegnologie inspan saam met relevante opleiding en vennootskape en ‘n groot rol speel sodat ons ‘n reuse-verskil kan maak.”


Syngenta het ook aan die paneelbespreking oor volhoubare voedselsekuriteit deelgeneem, kan jy kortliks verduidelik wat die term ‘volhoubare voedselsekuriteit’ beteken?

“Dit is baie belangrik dat ons weet wat volhoubare voedselsekuriteit beteken. Ek kan dit opsom deur te sê dit is wanneer daar genoegsame, voedsame en veilige voedsel beskikbaar is vir almal in die land of wêreld, in hierdie geval.

“Hierdeur kan afgelei word dat Syngenta dit nie op sy eie kan bereik nie. Dit [benodig] ernstige strategiese vennootskappe regdeur die waardeketting en die voedselwaardeketting om dit te kan bereik. Dit moet natuurlik gedoen word op ‘n volhoubare manier en dit sluit ook die regering van die dag in om een van die vennote te wees in dié inisiatief.”


Voedselsekuriteit is nou al lank op die globale agenda, dink jy ons maak enigsins vordering om dit te bereik?

‘Verseker. Ek glo betekenisvolle vordering is oor die jare gemaak. Ook die algemene publiek raak meer bewus van voedselsekuriteit en die faktore wat dit beïnvloed, hoofsaaklik, in terme van faktore, ekstreme klimaatstoestande. Afrika word die meeste beïnvloed deur klimaatsverandering deur die toename in frekwensie en intensiteit van hierdie natuurlike rampe, byvoorbeeld droogte en oorstromings, wat ons selfs die afgelope seisoen in Suid-Afrika beleef het.

“Hierdie verskynsel beïnvloed waterbronne en die vermoë van ons produksie-areas. Met ander woorde, dit beïnvloed die produsente en die boere om die nodige kwaliteit en die hoeveelheid van die kos wat ons nodig het, te produseer vir die stede.”


Watter vernuwing/beleid dink jy sal die grootste impak op volhoubare voedselsekuriteit hê?

“Dit is net so belangrik om dit te kan identifiseer want alleen sal ons dit nie kan doen net deur innovasie te bring nie. Die oplossing lê beslis gedeeltelik in innovasie. Dit moet egter volhoubare innovasie wees. Innovasie is almal se verantwoordelikheid - regdeur die voedselwaardeketting, insluitend die verbruiker.

“So, volhoubare innovasie kan slegs volhoubare ontwikkeling vir stedelike en plattelandse areas lewer as dit gekomplimenteer word deur ‘n effektiewe regulatoriese omgewing. Nuwe internasionale tegnologie wat plaaslik ontwikkel is om so gou moontlik die teikenmarke te bereik, kan ons help om voedselsekuriteit vir almal te verseker.”

Vir meer inligting oor hierdie onderwerp, asook die projekte waarmee Syngenta op die oomblik besig is, besoek www.syngenta.co.za.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.