On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Mon, 27 Sep 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
Foto: dtnpf.com

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het Vrydag onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag. 

Die druk op die Amerikaanse mieliemark kan grootliks toegeskryf word aan die stroop proses wat aan die gang is in die VSA.

Die plaaslike mieliemark was Vrydag gesluit weens ? openbare vakansiedag. 

Die witmieliemark het Donderdag vir lewering in Desember 2021 R3/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 223/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2021 R7/ton laer verhandel om teen R3 377/ton te sluit.

 

Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het Vrydag meestal gemeng verhandel en het nie groot prysbewegings vir die dag getoon nie. 

Die weerstoestande in die VSA is tans positief vir die stroop proses en dit vorder goed. 

Die plaaslike sojabonmark was Vrydag gesluit weens ? openbare vakansiedag.

Die plaaslike sojaboonmark het Donderdag vir lewering in Desember 2021, R36/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 621/ton te sluit.

 

Koring:

Die Amerikaanse koringmark het Vrydag gemeng verhandel, maar het meestal sterker gesluit vir die dag. 

Die verwagting is dat Rusland se koringuitvoere gedurende Julie en September 9% laer as die vorige seisoen se uitvoere teen dieselfde tyd van die seisoen sal wees. 

Die plaaslike koringmark was Vrydag gesluit weens ? openbare vakansiedag. 

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R31/ton laer verhandel vir die dag om teen R5 490/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.