On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Regering moet ingryp na veldbrande - kenner

───   ELSABÉ RICHARD 14:22 Thu, 30 Sep 2021

Landbounuus-podcast: Regering moet ingryp na veldbrande - kenner | News Article
Photo: OFM News

Gebiede wat deur onlangse verwoestende veldbrande geraak is, moet as rampgebiede verklaar word om boere wat hierdeur geraak word te help.

Dit is volgens Dr Frikkie Maré, landbou-ekonoom en senior dosent aan die Universiteit van die Vrystaat. Maré sê die regering moet dringend ingryp om voedselsekerheid te verseker. Dit, soos die brande op hierdie stadium te groot is vir privaat instansies om oral hulp aan te bied waar dit nodig is.

Intussen beloop skade weens wegholveldbrande in Noordwes vanaf 1 Mei en 23 September tussen as R2,75  en R3,5 miljard. Erich Stoch, voorsitter van die Noordwes Sambreel-brandbeskermingsvereniging, sê meer as 620 800 hektaar veld is gedurende die betrokke tydperk in die provinsie verwoes. Hy sê op hierdie stadium sluit gebiede wat die grootste risiko vir brande het die Mahikeng-omgewing, Moses Kotane Plaaslike Munisipaliteit - wat die meeste brande sover in die provinsie vir die seisoen aangemeld het, sowel as Rustenburg in.

EN

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku oor swaar reën met sterk wind wat tot Saterdag oorstromings kan veroorsaak oor van die oostelike dele van die land. Landbou.com berig swaar reën met sterk wind kan tot Saterdag oorstromings veroorsaak in die suide van KwaZulu-Natal, die Wildekus en die aangrensende binnelandse gebiede van die Oos-Kaap. Geen reën word egter vandeesweek vir die binneland van die Wes-Kaap, die westelike dele van die Noord-Kaap en die sentrale en oostelike dele van Limpopo voorspel nie. Daar is ’n 60%-kans op verspreide buie en ’n 30%-kans op los donderbuie vir die res van die land. Swaar donderstorms met hael en sterk wind is moontlik oor die oostelike helfte van die Noord-Kaap en die westelike helfte van die Vrystaat en Noordwes.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.