On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agri Hour

Verwagtinge vir die 2021/22-seisoen lyk goed – ekonoom

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Wed, 06 Oct 2021

Verwagtinge vir die 2021/22-seisoen lyk goed – ekonoom | News Article
Foto: brittanica.com

Die Nasionale Oesskattingskomitee sal na verwagting einde Oktober produsente se aanplantingsvoornemens bekend maak, en volgens Luan van der Walt, ‘n ekonoom by Graan SA, lyk die verwagtinge vir die 2021/22-seisoen goed.

Sien onderstaande PODCAST

Hy sê daar bestaan egter tans 'n risiko vir plaaslike produsente. Dit, soos produsente in Amerika reeds begin stroop het, wat dalk die Amerikaanse pryse onder druk gaan plaas en moontlik ‘n oorspoel-effek sal hê na die Suid-Afrikaanse pryse in die volgende vier tot agt maande.

“Die seisoen lyk of hy goed begin het. Daar is al in sekere gebiede in die Vrystaat, veral die Wes-Vrystaat, mielies wat geplant is. Alhoewel dit nog vroeg in die seisoen is, is dit vir risikobestuur van die produsente se kant af,” sê Van der Walt.

Hy sê meeste gewasse wat nou aangeplant word, sluit in mielies, sonneblomme sowel as sojabone.

Van der Walt deel dat ná gesprekke met produsente blyk dit of daar heelwat sojabone gedurende hierdie seisoen aangeplant gaan word.


Sonneblompryse

Hy deel ook dat die afgelope dae se styging in sonneblompryse, wat tot meer as R10 000 per ton gestyg het, toegeskryf kan word aan ‘n groot internasionale vraag na veral sonneblomsaad en -olie, wat die pryse skerp ondersteun het en ‘n oorspoel-effek op die plaaslike markte gehad het.

Daarmee saam is daar ook 'n plaaslike tekort aan sonneblom aangesien die sonneblomaanplantings laer was, wat ‘n lae oes tot gevolg gehad het.

Die rede vir die laer sonneblomaanplantings kan ook toegeskryf word aan die feit dat sonneblomme meegeding het met mielie- en sojaboon-hektare.

Wat bemarking vir die 2021/22-seisoen betref, moedig Van der Walt produsente aan om nou al te begin besluite neem in terme van bemarking en om deurentyd in die mark te bly en seker te maak dat hulle goeie bemarkingstategieë volg.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.