On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Waarskuwing vir veldbrande in Vrystaat, Noordwes en Noord-Kaap

───   ELSABÉ RICHARD 13:49 Thu, 07 Oct 2021

Landbounuus-podcast: Waarskuwing vir veldbrande in Vrystaat, Noordwes en Noord-Kaap | News Article

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het 'n waarskuwing uitgestuur vir gunstige weerstoestande wat kan lei tot die ontstaan en versprei van wegholveldbrande in dele van die Vrystaat, Noordwes en Noord-Kaap.

Dié waarskuwing volg nadat wegholveldbrande onlangs verwoesting buite Kimberley en Hopetown in die Noord-Kaap gesaai het. OFM-nuus het vroeër berig dat Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, bekend gemaak het dat meer as 450 000 hektaar die afgelope twee maande in die provinsie deur veldbrande verwoes is. Dit is nog voor die aanvang van die lente-reënseisoen, waar die eerste donderstorms gewoonlik met hewige donderweer en weerlig gepaard gaan, wat die risiko vir die natuurlike ontstaan van brande vergroot.

Intussen bestaan 'n bogemiddelde kans dat oorstromings en gepaardgaande skade oor dele van die somerreënstreek kan voorkom, veral in gebiede stroomaf van groot opgaardamme. Landbou.com berig Johan van den Berg, onafhanklike weerkundige, sê voorspellings vir dié somer is baie soortgelyk aan die voorspellings vir die 2020-’21-seisoen, met ’n La Niña-verskynsel wat ontwikkel. Dit beteken daar bestaan ’n goeie kans op gemiddelde tot bogemiddelde reënval vanaf Oktober tot Desember 2021 oor die oostelike dele van Suid-Afrika. Dit sluit die grootste deel van die Oos-Kaap, veral die noordelike dele; KwaZulu-Natal; Mpumalanga; die Oos- en Sentraal-Vrystaat; Gauteng; die suidelike dele van Limpopo en die oostelike dele van Noordwes in.

EN

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewendehawe. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings, onder 200kg, teen R43,33 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R39,73 en speenkalwers oor 250kg het teen R38,00 per kg verkoop.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.