On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Agri SA hou eersdaags jaarlikse virtuele kongres

───   ELSABÉ RICHARD 13:50 Fri, 08 Oct 2021

Landbounuus-podcast: Agri SA hou eersdaags jaarlikse virtuele kongres  | News Article

Agri SA berei voor vir hul jaarlikse virtuele kongres wat op 14 en 15 Oktober plaasvind.

Uitvoerende direkteur van Agri SA, Christo van der Rheede, het aan OFM-nuus gesê dat Ministers Thoko Didiza, Barbara Creecy en Pravin Gordhan die virtuele gebeurtenis gaan bywoon. Ander kundiges sluit in Theo Vorster, Valli Moosa, John Sanei en David Venter. Hy voeg by dat Agri SA al die boere en gemeenskapslede van die landbougemeenskap uitnooi om die virtuele kongres by te woon, aangesien die gesprek rondom talle aspekte van die verbetering van landbou sal plaasvind.

Intussen verwelkom die LUR van Landbou in die Wes-Kaap, Ivan Meyer, die uitspraak van die Appèlhof in Bloemfontein. Dié departement het die hooggeregshof genader ná verskeie mislukte pogings om sy geskil met die Ouditeur-Generaal op te los. Ná 'n uitspraak ten gunste van die departement, het die ouditeur-generaal hom tot die Appèlhof gewend. Dié hoogste hof in die land het bevind dat die Ouditeur-Generaal inderdaad 'n regsfout begaan het. Die Ouditeur-Generaal het gefouteer in sy interpretasie en toepassing van die toepaslike rekeningkundige standaarde in sy oudit van die departement se finansiële state, vir die finansiële siklusse wat in Maart 2017 en Maart 2018 geëindig het. Die hof het ten gunste van die departement beslis ten opsigte van albei finansiële siklusse. Meyer sê dat hy tevrede met hierdie uitkoms is.

EN

Gemeenskapslede en boere regoor Kimberley in die Noord-Kaap het geld ingesamel vir boere wat sukkel as gevolg van die voortslepende veldbrande in die omgewing. Jason Burger, bestuurder van Vleissentraal in Kimberley, vertel aan OFM-nuus dat die Braaidag vir Boere op 16 Oktober sal plaasvind en dat dit daarop gemik is om soveel moontlik geld in te samel om boere by te staan wat hulp benodig weens die verwoestende brande. Hy sê dat hierdie die eerste geleentheid van sy soort is en dat hulle hoop om minstens R300 000 in te samel.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.