On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Nie-winsgewende organisasie in VS help landbouprodusente tydens rampe

───   11:18 Mon, 11 Oct 2021

Landbounuus-podcast: Nie-winsgewende organisasie in VS help landbouprodusente tydens rampe | News Article
FOTO: PHOTOXPRESS

Die Agri Relief Foundation fokus op hulp aan landbouprodusente in nood.

Dr. Frikkie Maré, senior lektor in die Departement van Landbou-ekonomie by die Universiteit van die Vrystaat, is een van die direkteure van hierdie organisasie. Maré vertel dat die Agri Relief Foundation 'n nuwe stigting is wat gedurende die loop van die jaar gestig is. Hy voeg by dat dit 'n nie-winsgewende maatskappy is met die oog op hulp aan landbouprodusente tydens rampe. Maré verduidelik verder hoe die stigting te werk sal gaan.

EN

Pluimveeprodusente se marges is onder druk weens ’n skerp styging in voerpryse sonder soortgelyke stygings in pryse vir hoendervleis en eiers, maar Mike Schüssler, ekonoom van economists.co.za, is optimisties dat voerpryse op effens langer termyn kan daal. Landbou.com berig hy skryf in die Oktober-November-uitgawe van Poultry Bulletin, 'n tydskrif van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging, pryse vir voergrane was in dollarwaarde die hoogste in agt jaar en in randwaarde was mielie- en sojaboonpryse in Mei die hoogste ooit. Laasgenoemde het sedertdien met ’n paar persent gedaal. Boere kan volgens hom wel daarna uitsien dat graanpryse op effens langer termyn sal daal sodra die Amerikaanse voorraadvlak en produksie-uitsette verbeter. Beter weer word ook verwag in die belangrikste markte wat die huidige prysneigings veroorsaak.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.