On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Kanse vir reën hoër ná koue

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Mon, 18 Oct 2021

Kanse vir reën hoër ná koue | News Article
Foto: Bloomberg

‘n Skerp daling in temperature is vir die afgelope naweek voorspel, en volgens Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, blyk dit asof die kanse vir reën ná dié koue sal verhoog.

Hierdie voorspellings volg nadat maksimumtemperature in dele van die Noord-Kaap verlede week tot so hoog soos 40 grade Celsius gestyg het. 

Sien onderstaande PODCAST

Van den Berg deel dat temperature die afgelope naweek met sowat 15 tot 20 grade sou daal en dat vooruitsigte toon dat ons voorts meer matige temperature gaan ervaar.

Daar word ook verwag dat nog kouefronte van die 20ste Oktober af Kaapstad gaan bereik, maar Van den Berg sê hierdie koue sal nie die res van die land beïnvloed nie.

Wat reën betref, toon vooruitsigte dat die oostelike dele van die Vrystaat so vroeg soos Maandag ligte neerslae kan ervaar, daarna verhoog die kanse vir reën teen einde Oktober en begin November.

Van den Berg waarsku egter dat dit lyk of ons weer in ‘n La Nina-fase gaan inbeweeg, wat die kanse vir vloede en oorstromings verhoog. Hy deel ook dat die meeste van die groot opgaardamme tans tot soveel as 80% en meer vol is, wat ook ‘n risiko vir vloede inhou, sou ons bogemiddelde reënval ervaar.



OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.