On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Deel 1: Wes-Kaapse landboudepartement stel ‘Een Huis Een Tuin’-projek bekend

───   05:00 Mon, 18 Oct 2021

Deel 1: Wes-Kaapse landboudepartement stel ‘Een Huis Een Tuin’-projek bekend | News Article
Dr Ivan Meyer commemorates World Food Day (Photo: Twitter - @DM_JohnsonCT

Die Wes-Kaapse Departement van Landbou het as deel van Wêreldvoedseldag, wat op 16 Oktober regoor die wêreld gevier word, ‘n projek genaamd ‘Een Huis Een Tuin’ bekend gestel.

Sien onderstaande PODCAST

Dr. Ivan Meyer, die Wes-Kaapse Minister van Landbou, verduidelik meer oor die negatiewe impak wat regulasies weens Covid-19 veroorsaak het. Baie mense het hul werk verloor en baie mense het as gevolg van Covid-19 verhonger.

“Covid-19 het ook ons voedselsekuriteit in Suid-Afrika beïnvloed en daarom het die Wes-Kaapse Departement van Landbou ook ‘n omvattende program bekend gestel wat as die sogenaamde ‘One home One Garden’-projek bekend staan,” sê hy.

“Die Covid-19-pandemie het steeds 'n verwoestende uitwerking op die voedselsekerheid van baie individue en huishoudings. Die departement sal dus steeds huishoudings, gemeenskapstuine en skole ondersteun. Die mikpunt vir die tydperk 2021/2022 is 1800 huishoudings," voeg hy by.

Met die steun van borge en die vrygewigheid van personeellede, het die departement daarin geslaag om skenkings te mobiliseer om 'n berg voedsel aan vyf plaaslike nie-regeringsorganisasies in die Witzenberg–omgewing te skenk.

"Te midde van die pandemie het die viering vanjaar mense uitgedaag om aan voedsel te dink as 'n simbool van hoop, sorg, rykdom, waardigheid en sterkte. As gevolg hiervan, gaan ons voort met ons hulpbronne en om pogings aan te wend om voedselonsekerheid op gemeenskaps- en huishoudelike vlakke aan te pak. Daardeur bied ons kwesbare huishoudings toegang tot 'n stabiele, veilige, voedsame voedselbron. Dit gaan ook daaroor om waardigheid en welstand aan ons burgers te bied," sluit Meyer af.



OFM-nuus/Lee Simmons

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.