On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Gunstige reën verbeter grondvog

───   ELSABÉ RICHARD 13:48 Wed, 20 Oct 2021

Landbounuus-podcast: Gunstige reën verbeter grondvog | News Article
Photo: Bloomberg

Die 2021/22-plantseisoen vir somergrane en oliesade het op 'n positiewe noot in die oostelike en sentrale dele van Suid-Afrika begin met gunstige reën wat grondvog verbeter het.

Wandile Sihlobo, hoofekonoom van die landboubesigheidskamer, sê die weervooruitsigte vir die komende maande is positief, met vooruitsigte van bogemiddelde reënval wat die oes in hierdie nuwe seisoen kan ondersteun. Hy sê egter die enigste kommer waarmee boere tans te doene het, is die stygende insetkoste. OFM-nuus se Elsabé Richard berig dat die stygende kunsmis- en landbouchemikaliepryse, sowel as die stygende brandstofpryse, 'n ekstra koste is wat boere en landboubesighede tans in die gesig staar.

Daar is uiteindelik ’n nuwe teikendatum gestel vir die afhandeling van die nagenoeg 9 000 uitstaande grondeise. Luidens 'n artikel deur Landbou.com noem Nomfundo Ntloko-Gobodo, hoofgrondeisekommissaris, in die 2020-’21-jaarverslag van die kommissie op die herstel van grondregte, dat die navorsing vir die uitstaande eise teen 2023 voltooi sal wees. Indien die begroting dit toelaat, is die plan om uitstaande eise binne die volgende vyf jaar af te handel. Die interministeriële komitee op grondhervorming, waarvan adj.pres. David Mabuza aan die hoof staan, het aan die begin van 2020 die kommissie opdrag gegee om ’n behoorlike bestekopname te doen van die uitstaande grondeise wat teen einde Desember 1998 ingedien is sodat ’n realistiese teikendatum vir die afhandeling daarvan gestel kan word. Projek Kuyasa is van stapel gestuur, wat behels dat die kommissie sy administratiewe en sakeprosesse hersien om die uitstaande eise vinniger te kan afhandel. Daar word beraam dat R65 miljard benodig word om dié eise af te handel.

EN

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het weer eens 'n waarskuwing uitgestuur weens weerstoestande wat kan lei tot die ontstaan en verspreiding van wegholveldbrande in dele van die Noord-,  Wes- en Oos-Kaap. OFM-nuus het voorheen berig dat Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige, sê die brandrisiko gaan vir ten minste die volgende maand nog hoog wees.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.