On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Thu, 21 Oct 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het gister ondersteuning gevind en het 1,75% sterker verhandel vir die dag.

Die ondersteuning aan die Amerikaanse mark kan grootliks toegeskryf word aan die goeie groei in etanolverbruik weens die hoër energiepryse.

Die plaaslike mieliemark het gister onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag in meeste van die kontrakmaande van beide wit en geelmielies wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2022 R23/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 088/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie R21/ton laer verhandel om teen R3 200/ton te sluit.

 

Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het ongeveer 1.5% sterker gesluit vir die dag.

Die ondersteuning aan die Amerikaanse sojaboonmark kan grootliks toegeskryf word aan optimisme rondom vraag na sojabone internasionaal.

Die plaaslike sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022, R82/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 100/ton te sluit.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark het gister ondersteuning gevind en het tussen 1,5% en 1,7% sterker verhandel vir die dag.

Die Amerikaanse mark het ondersteuning gevind as gevolg van 'n oorspoeleffek vanaf ander kommoditeite.

Die plaaslike koringmark het gister onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R58/ton laer verhandel vir die dag om teen R5 672/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.