On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

SA wolmark het vandeesweek goed gevaar

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 22 Oct 2021

SA wolmark het vandeesweek goed gevaar | News Article
Foto: ramblinfarmers.com

Die Suid-Afrikaanse wolmark het vandeesweek goed gevaar ten spyte van die swakker aanbieding en die versterking van die Rand teenoor die vernaamste geldeenhede.

Volgens Heinrich Victor, senior wolbemarker by OVK, kan die aansienlike versterking in die Australiese wolmark 'n positiewe aanduiding vir die korttermyn wees.  

Sien onderstaande PODCAST

Victor sê wol wat hierdie week in die makelaars se pakhuise ontvang is, is 11,2% laer in vergelyking met die ooreenstemmende tydperk in die vorige seisoen.

Hy deel dat volhoubaar gesertifiseerde (RWS), goeie kwaliteit Merinowol, veral in die medium mikron segment, weer eens gelei het tot gesonde kompetisie tussen kopers.

Skakel gerus met OVK om u by te staan in die RWS-sertifiseringsproses.

Die volgende veiling is geskeduleer vir 27 Oktober 2021. Daar word verwag dat sowat 8 059 bale aangebied sal word.

Victor herinner produsente dat inweeg vir die laaste veiling van 2021 op 3 November 2021 sluit. Dit sal vir katalogus CB16 wees.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.