On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Minister versoek om plaasmoorde doelgerig te ondersoek

───   ELSABÉ RICHARD 14:21 Tue, 23 Nov 2021

Landbounuus-podcast: Minister versoek om plaasmoorde doelgerig te ondersoek | News Article
Minister van polisie, Bheki Cele.

'n Versoek is aan die Minister van Polisie, Bheki Cele, gerig om plaasmoorde en –aanvalle doelgerig te ondersoek.

Dit, sodat die skuldiges voor die hof gebring kan word en suksesvolle vervolging kan plaasvind. Hierdie versoek is deur Vrystaat Landbou gerig ná die uitspraak van die Brendin Horner-moordsaak waar twee verdagtes, Sekwetje Mahlamba en Sekola Matlaletsa, vrygespreek is weens onvoldoende getuienis om hulle met die moord te verbind. Die organisasie se Jakkals le Roux sê Vrystaat Landbou eis dat die polisie daadwerklike en verdere ondersoek instel oor wie die oortreders is ten einde die skuldiges aan die pen te laat ry. OFM-nuus se Elsabé Richard berig volgens Le Roux neem moorde en ernstige misdaad op die algemene publiek toe, wat druk op die strafregstelsel plaas.

KwaZulu-Natalse veeprodusente is uiters bekommerd oor die skerp toename in brucellose in die provinsie. Landbou.com berig veeboere reg oor dié provinsie is op hul hoede, aangesien die hoogs aansteeklike en potensieel ekonomies verwoestende bakteriese siekte glo in die provinsie versprei. Wat hierdie dreigende situasie verder vererger, is berigte dat die regering se vermoë om dieregesondheidskwessies te bestuur klaaglik onvoldoende is, dat die reeks entstowwe ernstig beperk is, en dat talle veeboere weens die onvoldoende toepassing van biosekerheid ook skuld dra vir die verspreiding van hierdie siekte.

EN

EN...Hoewel Suid-Afrika se ekonomiese groei nie goed is nie en die Rand verswak het teenoor die vernaamste geldeenhede, moet daar pro-aktief opgetree word in belang van die land se ekonomie. Dit is volgens dr. Frikkie Maré, bekende senior landbou-ekonoom aan die Universiteit van die Vrystaat, in reaksie op die Monetêre Beleidskomitee se aankondiging dat die repokoers met 25 basispunte opwaarts aangepas word, wat die prima uitleenkoers met 0,25% verhoog tot 7,25%. Maré verskaf redes vir hierdie verhoging. Maré verduidelik dat alhoewel inflasie die afgelope tyd grootliks gedryf word deur voedsel- en brandstofinflasie, help 'n rentekoersverhoging nie regtig hiervoor nie.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.