On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Fri, 26 Nov 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
Foto: proagri.co.za

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark was gister gesluit weens ‘n openbare vakansiedag.

Die verwagting is dat die weeklikse Amerikaanse uitvoerverkope van mielies tussen ongeveer 800 000 ton en 1,5 miljoen ton behoort te wees.

Die plaaslike mieliemark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van beide wit- en geelmielies wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2022 R55/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 345/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie R55/ton laer verhandel om teen R3 502/ton te sluit.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark was gister gesluit weens ‘n openbare vakansiedag. 

Die verwagting is dat die weeklikse Amerikaanse uitvoerverkope van sojabone tussen ongeveer 900 000 ton en 1,8 miljoen ton behoort te wees.

Die plaaslike sojaboonmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel in meest van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022, R117/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 330/ton te sluit.


Koring:

Die Amerikaanse koringmark was gister gesluit weens ‘n openbare vakansiedag.

Die verwagting is dat die weeklikse Amerikaanse uitvoerverkope van koring tussen ongeveer 250 000 ton en 580 000 ton behoort te wees.

Die plaaslike koringmark het gister onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R93/ton laer verhandel vir die dag om teen R6 197/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.