On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Omicron en brandstofpryse het boere bekommerd

───   ELSABÉ RICHARD 13:48 Tue, 30 Nov 2021

Landbounuus-podcast: Omicron en brandstofpryse het boere bekommerd | News Article

Die ontdekking van die nuwe Covid-19-variant, Omicron, wat die Rand skerp laat daal het teenoor die vernaamste geldeenhede, asook die aankondiging van nóg 'n styging in brandstofpryse, het talle Suid-Afrikaners bekommerd gelaat.

Dr. Frikkie Maré, 'n landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, sê brandstofpryse sien weer 'n skerp styging hierdie week en voorspel dat rentekoerse ook kan styg. Hy sê dit het ‘n bepaalde invloed op die landbousektor, en insetkostes soos dié van kunsmis kan ook ‘n opwaartse kurwe verwag.

Daarmee saam breek Suid-Afrika se petrolprys nou ongelukkig deur die R20 per liter-merk ná die aankondiging van die Desember 2021-brandstofopdatering deur die Departement van Minerale Hulpbronne en Energie. Volgens die jongste aankondiging styg die petrolprys met 81 sent per liter, terwyl die twee grade diesel met onderskeidelik 72,5 en 74,5 sent per liter styg. Dawid Maree, hoof van inligting en bemarking by FNB, sê die onlangse opswaai in onder meer internasionale ruoliepryse het gelei tot die jongste styging in brandstofpryse.

EN

Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het die opening van aansoeke vir die tweede fase van die presidensiële indiensnemingstimulus aangekondig, waarvoor vanaf 30 November tot 14 Desember 2021 aansoek gedoen kan word. Departementele woordvoerder, Reggie Ngcobo, sê aan OFM-nuus dat die departement meer as 50 000 bestaansboere teiken. Die implementering van die stimulus val saam met die werwing en indiensneming van 5 000 assistent-landboupraktisyns, bekend as voorligtingspersoneel, wat suksesvolle implementering van die projek verder sal fasiliteer.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.