On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Twee VS-boere binne 24 uur vermoor

───   ELSABÉ RICHARD 14:04 Wed, 01 Dec 2021

Landbounuus-podcast: Twee VS-boere binne 24 uur vermoor  | News Article

Die Vrystaatse landbougemeenskap is in rou nadat twee boere binne 24 uur in die provinsie vermoor is. Dit is volgens Vrystaat Landbou in 'n verklaring nadat Christian van Tonder van Lindley en Johan Prinsloo van Koppies vandeesweek vermoor is.

Jakkals le Roux, voorsitter van Vrystaat Landbou se Landelike Veiligheidskomitee, het sy innige meegevoel met die naasbestaandes van albei boere betuig. OFM-nuus het vroeër berig dat Prinsloo se aanvaller noodlottig deur die polisie gewond is en dat drie verdagtes in verband met sy moord nog soek is. Le Roux voeg by dat dit in dié staduim nie blyk dat enigiemand al vir Van Tonder se moord aangekeer is nie. Verder is 'n 49-jarige boer, sy vrou en dogter Maandagoggend in Bothaville aangeval. Le Roux sê vyf verdagtes het geld geëis en die slagoffers vasgebind, waarna hulle met geld en die slagoffer se bakkie gevlug het. Twee verdagtes is in hegtenis geneem en die voertuig is by Bothaville gekry.

Daarmee saam versoek Vrystaat Landbou boere om paraat te wees gedurende die feesseisoen en om by plaaswag-strukture in hulle omgewings aan te sluit, asook om 'n radio vir kommunikassie aan te skaf om in te skakel by die plaaslike radionetwerk. Boere moet ook gereeld hul radiokommunikasie met veiligheidsnetwerke, koördineerders en hulle bure toets. Hulle moet verder aansluit by “WhatsApp”-groepe wat pro-aktief inligting rakende verdagte voertuie/persone in gebiede deurgee.

EN

Dis geen geheim dat 2021, net soos 2020, grootliks deur die Covid-19-pandemie gedryf is nie. Alhoewel die landboubedryf as noodsaaklik verklaar is gedurende inperkingsvlakke, is daar landboubedrywe soos die wynbedryf wat hard getref is. Dan is daar ook dieresiektes en onderwerpe soos grondhervorming wat van die gewilde onderwerpe in landbougemeenskappe was. Volgens Dr WA Lombard, ‘n landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, sluit hoogtepunte in die goeie reënval wat in dele van die land geval het. Dit het daartoe gelei dat veral graanprodusente goeie oeste kon produseer. Lombard deel wat hy dink van die uitdagings in die landboubedryf vanjaar was.




OFM News

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.