On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

SA wolmark onveranderd

───   05:00 Fri, 03 Dec 2021

SA wolmark onveranderd | News Article
Foto: raisingsheep.net

Die sywaartse beweging van die Australiese wolmark en die effense verswakking van die Rand teenoor die vernaamste geldeenhede, het daartoe gelei dat die Suid-Afrikaanse wolmark onveranderd bly.

Sien onderstaande PODCAST

Heinrich Victor, senior wolbemarker by OVK, sê wol wat hierdie week in die makelaars se pakhuise ontvang is, is 12,2% laer in vergelyking met die ooreenstemmende tydperk in die vorige seisoen.

Hy deel dat volhoubaar gesertifiseerde (RWS), goeie kwaliteit Merinowol, weer eens goeie aandag geniet tydens die veiling. Dit, terwyl gesertifiseerde wol ook beter presteer het as die markgemiddelde, wat gesonde kompetisie tussen kopers tot gevolg gehad het.

Skakel gerus met OVK om u by te staan in die RWS-sertifiseringsproses.

Die volgende wolveiling is geskeduleer vir 12 Januarie 2022.



OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.