On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Fri, 03 Dec 2021

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die nuutste weeklikse uitvoerverkope verslag het aangedui dat die weeklikse Amerikaanse mielie-uitvoerverkope 12% laer as die vorige week se uitvoerverkope was.

Die weeklikse uitvoerverkope was in die middel van die weeklikse handelsverwagtinge.

Die plaaslike mieliemark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande van wit en geelmielies wat tans gelys is.  

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2022 R25/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 317/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie R32/ton hoër verhandel om teen R3 491/ton te sluit.


Sojabone:

Die nuutste weeklikse uitvoerverkope verslag het aangedui dat die weeklikse Amerikaanse ou-seisoen sojaboon uitvoerverkope 32% laer as die vorige week se uitvoerverkope was.

Die weeklikse uitvoerverkope was nader aan die onderkant van die weeklikse handelsverwagtinge.

Die plaaslike sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022, R107/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 390/ton te sluit.


Koring:

Die nuutste weeklikse uitvoerverkope verslag het aangedui dat die weeklikse Amerikaanse koring uitvoerverkope vir die week baie laag was.

Die weeklikse uitvoerverkope was laer as die weeklikse handelsverwagtinge.

Die plaaslike koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.    

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2021, R95/ton hoër verhandel vir die dag om teen R6 100/ton te sluit.


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.