On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Jong seun boet met sy lewe na verwoestende Vrystaatse veldbrand

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:57 Tue, 25 Sep 2018

Jong seun boet met sy lewe na verwoestende Vrystaatse veldbrand  | News Article

Meer as 24 900 hektaar weiveld is onlangs in die Heilbron en Kroonstad gebiede in wegholveldbrande verwoes. Infrastruktuur op plase het in die slag gebly.


Brandbestryders is ook beseer in die proses en 'n jong seun het later geboet met sy lewe. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met die hoofbestuurder van die Vrystaat se sambreel-brandbeskermingsvereniging (VSSBBV), Johann Breytenbach, gepraat oor die omvang van die skade… 



Dit was Johan Breytenbach van die Vrystaatse sambreel-brandbeskermingsvereniging (VSSBBV).

Dian Terblanche is die matriekleerling van Reitz wat in die Petrusburg-gebied beseer is en Woensdag in die Milpark-hospitaal in Johannesburg oorlede is. Hy het meer as 80% brandwonde aan sy lyf opgedoen. Mof Myburgh en Burnie Staal is op 6 September in ‘n veldbrand in die Kroonstad-gebied beseer. Myburgh is ook in die Milpark-hospitaal behandel. Dawid Steenkamp is op 2 September in die Vredefort-gebied beseer toe hy op ‘n trekker deur vlamme oorweldig is. 


Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by 082-851-8254 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.