On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Duime op vir Ramaphosa se stimuluspakket wat ook op die groei van landbou fokus

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:35 Wed, 26 Sep 2018

Duime op vir Ramaphosa se stimuluspakket wat ook op die groei van landbou fokus    | News Article
Verskaf

President Cyril Ramaphosa het die adviespaneel wat die interministeriële komitee oor grondhervorming in 'n raadgewende hoedanigheid sal bystaan, aangewys.


Die komitee, wat uit tien lede bestaan, gaan hoofsaaklik navorsing doen en voorstelle maak aan dié komitee waarvan adjunkpresident David Mabuza die voorsitter is.

 Dít om 'n billike en regverdige grondhervormingsproses te verseker. Ramaphosa het dié paneel verlede week met die aankondiging van sy stimuluspakket vir die ekonomie bekendgemaak. Vuyo Mahlati, ontwikkelingsbeplanner en voorsitter van die African Farmer's Association of South Africa (Afasa) is die voorsitter van dié paneel. Daarmee saam het Afasa intussen dié stimulusplan verwelkom. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met die voorsitter van Afasa, Neo Masithela, gepraat…



Dit was eerder Neo Masithela, ontwikkelingsbeplanner envoorsitter van die African Farmer's Association  of South Africa (Afasa).

Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by 082-851-8254 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.