On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Fokus nou al op 2019 se nasionale begroting, maan ekonoom

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:25 Thu, 25 Oct 2018

Fokus nou al op 2019 se nasionale begroting, maan ekonoom | News Article

Die nuwe Minister van Finansies, Tito Mboweni, het Woensdag sy mediumtermyn-begrotingsraamwerk, oftewel die MTBR, in die Nasionale Parlement gelewer.


Daarmee saam meen ‘n senior landbou-ekonoom van Absa, Wessel Lemmer, die belangrikheid van landbou se bydrae tot die Suid-Afrikaanse ekonomie moet nou al beklemtoon word, veral in aanloop tot volgende jaar se nasionale begroting.

Lemmer meen hoewel die MTBR, wat die land se finansiële planne vir die volgende drie jaar ter tafel lê, belangrik is, moet doelwitte veral op voedselvlak vroegtydig vir die 2019-begroting gestel word - doelwitte wat ‘n verskil kan maak. Hy meen die geleentheid om aan die landboubedryf ‘n regmatige toedeling in dié begroting te gee, moet nie verbeur word nie, want dit is ‘n bedryf waarop daar verder gefokus moet word.



Dit was die senior landbou-ekonoom van Absa, Wessel Lemmer. Skakel Vrydagoggend in wanneer Lemmer kommentaar lewer oor die Minister van Finansies, Tito Mboweni,  se mediumtermyn-begrotingsraamwerk.


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.